Herfsmed Kliniek

Die kliniek is by die Departement van Gesondheid geregistreer. Kontrakte is met verskeie mediese fondse gesluit.

Die volgende dissiplines word betrek: Geneeshere, geregistreerde verpleegkundiges, fisioterapeute, maatskaplike werker en leraars.

Dienslewering is toegespits op



  • Advies ten opsigte van siektetoestande en sekondêre sorg
  • Na-operatiewe wondversorging en mobilisasie
  • Effektiewe pynbeheer
  • 24-uur verpleegdiens
  • Terapeutiese intervensie
  • Rehabilitasie-akuut en
  • Terminale sorg en sterwensbegeleiding

Die kliniek is toegerus met



  • 'n Noodkamer, EKG-masjien en defibrilator om noodsituasies te hanteer en pasiënte te stabiliseer
  • Moderne toerusting wat optimale infeksie-beheer verseker en 'n van Heerden apteek op die perseel

rehabilitasie



Rehabilitasie word gedoen in 'n terapeutiese omgewing wat spoedige herstel bevorder vir pasiënte:

  • Wat amputasies gehad het
  • Vir breinbeseerdes
  • Na 'n beroerte, en
  • Wat ortopediese operasies gehad het.