`n inloer by Huis Herfsblaar
Na aanleiding van “Orimuur” se vraag na raad hoe om sy kleinkinders te vermaak, en hy nie meer die speletjies van sy kleintyd kon onthou nie, kon ek nie anders as om die storie uit Huis Herfsblaar te verklap nie.
Ou tant Riekie kon die hele nag nie slaap nie. Sy het rondgerol in die bed tot vroegoggend. Iets het haar gepla. Sy weet oom Jan het haar die vorige dag gevra om te trou, maar sy kon sowaar nie onthou of sy vir hom ja of nee geantwoord het nie. Toe bel sy maar verskonend vroeg 4:00 vir oom Jan om die ding van haar hart te kry.
Oom Jan is toe net so dankbaar oor hierdie oproep van tant Riekie af, want hy het ook die hele nag rondgerol oor iets wat hom pla. Hy vertel toe hy het hoeka gister iemand gevra om te trou, maar hy kon gedoriewaar nie onthou wie die vrou in Herfsblaar is wat hy gevra het om te trou nie.