Die hoofkompleks bestaan uit vier blokke van vier tot vyf verdiepings met hysbakke. 174 Gerieflike enkel- en dubbel woonstelle verskaf verblyf aan  selfversorgende inwoners.Wooneenhede is toegerus met volvloermatte, ingeboude kaste, ‘n volledige badkamer, teekombuis en ‘n interkom verbind met die sorgeenheid, asook voldoende krag- en koppelpunte vir TV en telefoon. Inwoners meubileer self die wooneenhede. Motorafdakke is teen ‘n redelike huur beskikbaar. ‘n Absa-agentskap, haarkapper, snoepwinkel , biblioteek en ‘n saal vir geestelike en ander byeenkomste is beskikbaar. Herfsmed Kliniek, wat deur mediese fondse erken word, voorsien na-operatiewe en ander sorg.

Pryslys 

OKKUPASIEREGWAARDES & MAANDELIKSE HEFFING

MAART 2020 TOT FEBRUARIE 2021

(Ouderdomsperk – 83 jaar)

TIPEOKKUPASIEREGBREEKSKADEMAANDELIKSE HEFFING
A-    
Blok B(Kopkant)45R 442 400R 2 200R 14 595
Blok C45R 408 800R 2 200R 14 595
     
D-    
Blok A(Suid)26R 347 200R 1 848R   7 297
Blok A (Noord)26R 369 600R 1 848R   7 297
Blokke B/C(Noord)26R 376 320R 1 848R   7 297
     
C-    
Blok B    
-met stort19R 112 000R 1 155R   7 297
-met bad19R 100 800R 1 155R   7 297
-B401/222R 229 600R 1 155R   7 297
     
Huuropsie ToetreefooiBreekskadeHeffing
-met stort19R  16 800R 1 155R   8 191
-met bad19R  15 120R 1 155R   8 191
-B401/222R  34 440R 1 155R   8 191
 

Hier die nodige dokumente vir aansoeke tot die woonstelle

Aansoekvorm
Geneeskundige verslag
Leraarsverslag
Inkomsteverklaring

Vloerplanne