Kersfees vir Oupa en Ouma

'n Dag vol kleur! Kersgeskenke vir ons oupas en oumas, kleurvol toegedraai en met liefde verpak. Die oggend word afgerond met 'n kers-kolwyntjie en 'n keuse tussen koffie, tee of cuppacino. Dankie aan almal betrokke by di "Oupa en Ouma Projek" asook personeel van Kind-2-Hearing wat die oggend vir ons inwoners soveel vreugde en liefde gebring het.

Wat sal kersgeskenke dan nou wees sonder ons eie geliefde kersvader, en wie het gesê dit is net klein kindertjies wat op sy skoot mag sit?

10 Desember 2021 was 'n besondere geseënde dag

Laatmiddag trek die Herfsblare laer in die tuin..inwoners, kinders en kleinkinders. Die piekniekmandjies en-komberse word uitgepak. Die glasies gevul sodat die stembande nie te droog word nie.

Ons sluit die jaar se gesellige byeenkomste af met die saamsing van al die ou bekend kersliedere. Dankie aan die musiekgroep "Silver Sounds" vir die musiek verskaf.