Voertuig toegang registrasie
Besoekerskaart Aansoek
Wooneenhede Navraag
Vakatures / Vacancies

Huis Herfsblaar - onder voogdyskap van die NG Gemeente Queenswood is gelee in die rustige en boomryke woongebied van Queenswood, Pretoria - binne bereik van verskeie winkelsentrums, hospitale en die Oor Instituut gehoorsentrum.

Vanaf 1983

Ontstaan

In Queenswood Pretoria, is ‘n visie van 38jaar gelede bewaarheid met die oprigting van Huis Herfsblaar Aftree-Oord.  ‘n Oord wat ‘n tuiste vir bejaardes sou word waar uitnemende, omvattende en bekostigbare verblyf gelewer word.

 

Personeel is aangestel om verblyf te verskaf asook om ‘n omvattende wye reeks dienste aan ouer persone te voorsien wat betref hul fisiese en psigiese behoeftes.

 

Huis Herfsblaar streef na gehalte sorg deur middel van algehele versorging wat ook ‘n Alzheimer-afdeling insluit.

 

Ons personeel, asook inwoners sorg vir ‘n warm huislike atmosfeer, bou verhoudings en word pastoraal versorg.

 

Opbouende programme en aktiwiteite word aangebied en die inwoners het toegang tot ‘n  groot en pragtige tuin. Christelike beginsels word gehandhaaf en daar word voortdurend op die behoeftes van die inwoners gefokus.

 

Die personeel word deurentyd gemotiveer om gehalte diens te lewer, terwyl ons poog om altyd eerlik, deursigtig en eties op te tree.

Pragtige Tuine

Visie, Missie & Waardes
Lees meer

Dienssentrum & Fasiliteite

Daaglikse funksies van die Dienssentrum asook weeklikse aktiwiteite

Die Aktiewe Plus Lewe-benadering word wêreldwyd as die beste leefwyse vir ouerwordende persone voorgehou. Een van die belangrikste rolle van die Dienssentrum is dus om elke inwoner se lewe so volledig as moontlik te maak, daarom is die aktiwiteite en funksies wat deur die Dienssentrum aangebied word van kardinale belang.

Hierdie aktiwiteite moet inpas by 'n groot groep uiteenlopende inwoners se voorkeure en behoeftes, maar moet terselfdertyd siel, gees, verstand en liggaam stimuleer.

Dienste en aktiwiteite wat gelewer/bestuur word is:

Daaglikse etes

Vervoer

Gesellige byeenkomste met verskeidenheid sprekers en kunstenaars

Woel-en-Werskaf (handwerk)

Blommekomitee

Klassieke Musiek

Bybelstudie

Lekkerliedjies/Lofsang

Koor

Biblioteek

Brug, Kanasta, Rummicub, Snoeker, Skaak en Veerpyltjies

Trimgim

Inkleurterapie en kunsgroep

Saamstap

Ekstra funksies op Vrydae

Die klemverskuiwing met die Vrydae-aktiwiteite het die bedoeling om die ouer persoon te ontwikkel, en om sy emosionele-en geestelike welstand te bevorder met die skep van 'n instaatstellende en skeppende omgewing. Verskeie aktiwiteite is met hierdie doel voor oë na die NG Kerksaal en veral die tuin verskuif sodat meer inwoners asook personeel betrek kan word. Elke funksie is met groot entoesiasme en baie dankbaarheid deur die inwoners begroet. Uit hierdie Vrydag-aktiwiteite soos bv. lente/loslitdag, internasionale dag vir bejaardes, oggendtee vir al die 80 jariges, kersfunksie,vrugtefees, en pannekoek kafee spruit volgende voordele:

- Belange en behoeftes van die inwoners word aangespreek,

- Vind betekenis in die oudag

- Vind en behou sin in die lewe

- Besef dat jy nooit te oud is om te leer nie

- Gebruik jou lewenswyshede as bate

- Verhoudings word versterk

- Leer om te gee en te ontvang


Snoepwinkel
Leeskamer

personeel

james

James Black

Uitvoerende Bestuurder

012 333 4445
linda

Linda Lombard

Kantoorbestuurder

012 333 4445
ina
Ina Delport

Maatskaplike Werker

012 333 4445
LATB5890

Pieter Tredoux

Hoof Personeel & Administrasie

012 333 4445
hannes

Hannes Beneke

Hoof Bedryf/Eiendom & Krediteure

012 333 4445
Oanita van der Westhuysen

Rekenmeester

012 333 4445

Getuigskrif